Emo Adams tree op
2011-04-07
PLAASLIKE kunstenaars Loren Erasmus en Danie du Toit gaan op Sondag 17 April saam met Emo Adams, Sasha-Lee, Jonathan Ruban, Quinton Manuels en die Take Note Band die verhoog deel tydens ’n program in die Strauss-saal, Paarl om 19:30. Erasmus gaan ook ’n duet saam met Emo Adams sing. Kaartjies is R80 (R30 vir kinders onder 12) en kan bespreek word by Loren Erasmus by 073-627-1709.
More
News
|