VALIANT SWART bring op 8 April om 20:00 weer sy gewilde eenmanvertoning na die Ou Meul-teater in die Paarl om 20:00.
Teatergangers kan uitsien na ’n program gevul met top-Afrikaanse liedjies en stories uit Valiant se pen.
Met sy blues-kitaar en bekfluitjie neem hy die gehoor saam met hom op reis deur die talle bestemmings wat hy op sy ruk-en-rol avonture aandoen, en stel hulle voor aan die karakters wat hy op die langpad teëkom.
Sy sielvolle woorde en wysies is deurspek met humor en deernis.
* Op Saterdag 9 April om 20:00 is André Swiegers op die planke.
Kom luister hoe hierdie besondere sanger-liedjieskrywer na die wêreld kyk. Neurie saam, lag ’n bietjie vir sy eg-Suid-Afrikaanse stories en stap aan die einde van ’n magiese saamkuier- aand verryk by die teater uit.
Kaartjies vir beide vertonings is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com.