Oormag te groot vir Bolanders
2011-04-07
Die afgelope Saterdag het die o.16 rugbyspan van Hoër Landbouskool Boland hulle vasgeloop teen die kolosse van Monument Hoërskool tydens Gimnasium se o.16 rugbytoernooi wat in die Paarl aangebied is.
Die Bolanders het met 3-48 verloor, hoewel hulle Maandag die bordjies teen Framesby verhang het deur met 25-5 te wen.
Gimnasium het Saterdag teen Grey Kollege vasgeval met 6-23 maar het Maandag teen Michaelhouse met 47-7 gewen.
Boishaai se o.16 span het Saterdag met 9-10 teen Waterkloof verloor en Maandag met 31-10 teen Glenwood gewen. Die toernooi het gister ten einde geloop.
More
News
|