Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong man verkool in sy huis

Jong man verkool in sy huis
 
2011-04-07


'n JONG man het verlede week sy lewe verloor in nog ’n brand in Chicago.

Die voorval het Saterdagaand plaasgevind toe ’n informele woning in Paarlitapark vlam gevat het.

Die aand het Marshall Hendriks (27) en ’n vriendin stry gekry, waarna die vriendin die woning verlaat het. Kort hierna was die woning in ligte laaie.

Gerugte dat Hendriks deur sy vriendin van buite toegesluit is, kon nie deur die polisie bevestig word nie.

Hendriks se verkoolde liggaam is op die vloer van die woning gevind.

Sy bedroefde pa, Desmond Siegelaar, het gesê dat sy seun se dood ’n geweldige skok vir hom is.

“Hy was ’n harde werker en goeie kind, en het nie verdien om so te sterf nie.” Die polisie stel verder ondersoek in. Hendriks het by Game gewerk.

* A young Paarl man died in a shack fire on Saturday night.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za