Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hou Wellington skoon - of nie?

Hou Wellington skoon - of nie?
 
2011-04-07


EEN van die ergste vorms van rommelstrooi op Wellington is verlede week blootgelê toe die dorp se Aksie teen Rommelstrooi op ’n huis afgekom het waar die inwoners oor ’n lang tydperk al hul afval bloot oor die tuinmuur in ’n oop erf langs hul huis gestort het.

Om alles te kroon, lê die huis en die rommelbestrooide leë erf langs een van die dorpsingange, naby die dierehospitaal.

“Die vrag rommel waarop ons afgekom het, is al vir ’n baie lang tydperk deur die huismense oop en bloot op die stuk kaal grond langs hul huis gestort,” het geskokte helpers van Aksie teen Rommelstrooi ná die tyd gesê. “Meer as 31 groot sakke huisvullis, wat onder meer vragte gebruikte babadoeke ingesluit het, is langs die tuinmuur opgetel.”

Volgens Chris Booysen van die Wellingtonse Lions wat Aksie teen Rommel op die dorp saam met die organisasie Hou Wellington Skoon koördineer, het helpers wat hoofsaaklik deur die dorp se gevangenisdienste voorsien is, ’n hele dag lank geswoeg om vragte rommel by een van die ingange tot die dorp te verwyder.

“Saam met die 31 sakke wat ons langs die betrokke huis se tuinmuur opgetel het, is altesaam 135 groot sakke rommel in die loop van ’n Saterdagmiddag in die omgewing opgetel en weggery.”

Hy het die hoop uitgespreek dat die Munisipaliteit, wat hulle volle samewerking gee in Aksie teen Rommel se pogings om Wellington skoon te hou, spoedig sal optree teen die inwoners wat van hul huisrommel ontslae raak deur dit sommer net oor die muur te gooi.

Munisipale werkers wat tans in Piet Retiefstraat aan ondergrondse pype werk, is volgens Aksie teen Rommel se skoonmakers self ook skuldig aan erge rommelstrooiery. Stukke afvalmateriaal word in hope langs die strate gelaat waar die munisipale werkers onderhoudswerk doen.

Talle sakeondernemings, veral die groot kettingwinkels op die dorp, is egter volgens Booysen en sy helpers besig om ’n baie mooi voorbeeld aan die dorp se inwoners te stel deurdat hulle deur die bank hul eie skoonmakers aangestel het om voortdurend die persele om die betrokke winkels netjies, skoon en rommelvry te hou.

* Workers recently removed 31 bags of refuse from an open plot in Wellington, dumped there by neighbours.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za