Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gatslag met mangat

Gatslag met mangat
 
2011-04-07


’n MAN se been moes vandeesweek toegewerk word, nadat hy binne in ’n mangat geval het.

Die voorval het Maandagmiddag plaasgevind op Jan Phillips­plein in die Paarlse middedorp, toe America Africa Cupido onderweg was na ’n bank hiér.

“Ek het nog rustig geloop en was byna by die ingang van die bank, toe ek skielik in die gat geval het.

“Ek was baie geskok en ook ’n bietjie skaam.”

Die deksel van die mangat, skuins voor Nedbank, is glo ’n geruime tyd gelede gesteel en is sedertdien slegs met ’n stuk harde karton bedek.

“Ek het uit die gat geklim en tot binne die bank gestruikel.

“My maermerrie het geweldig gepyn, en toe ek my broek optrek en my sokkie af, toe sien ek dat ek ’n diep sny van sowat sewe sentimeter opgedoen het.”

’n Verbygaande polisiemotor is aangekeer om te help en hulle het weens die erns van Cupido se besering ’n ambulans ontbied.

Volgens werknemers om Jan Phillipsplein is drie mangatdeksels sowat ’n maand gelede gesteel.

“Ons het dadelik die Munisipaliteit hiervan in kennis gestel,” vertel ’n werknemer van ’n bank.

“Ons het juis gevrees vir die publiek se veiligheid.

“’n Paar dae later eers het munisipale werkers hierna kom kyk en hulle het die gate halfhartig toegemaak met karton.”

Volgens die beroepsveiligheidwet, moes die onveilige mangate opsigtelik afgesper gewees het en veiligheidstekens moes aangebring word.

In plaas hiervan, het weke verbygegaan dat daar nie na hierdie probleem omgesien word nie.

Maar toe die Munisipaliteit Maandag van Cupido se besering te hore kom, het hulle dadelik gespring en die mangate met behoorlike deksels toegerus.

Cupido is na Paarl Hospitaal geneem vir behandeling.

“Ek gaan die saak nie net hier laat nie. Die Munisipaliteit het onverantwoordelik opgetree.”

Hy is tans besig om regshulp in te win.

Dit is nie die eerste keer dat die Drakenstein Munisipaliteit van nalatigheid beskuldig word nie. Daar is steeds hangende hofsake teen hulle in hierdie verband.

Jacques Conradie dagvaar die Munisipaliteit nadat hy in 2007 ernstig beseer is nadat sy motor ’n slaggat getref het in Tekstielstraat, Paarl. Sy motor, ’n nuwe Kia Picanto, was ’n totale wrak ná die voorval.

Philip Calitz gaan ook steeds voort met regstappe teen die Munisipaliteit nadat hy krities beseer is in 2005, toe hy in sy motor vasgepen is deur ’n eikeboomtak wat bo-op sy motor geval het in Hoofstraat, Suider-Paarl.

* A man was injured this week, when he fell into a man-hole covered with cardboard in the Paarl CBD.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za