Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-04-14


KRIEKET

* Paarl-Oos Krieketklub se prysuitdelingsfunksie vind plaas op 6 Mei (19:00) by die Bolandpark-stadion.

) RUGBY

* Saterdag speel Young Standards teen Albions op die Boy Louw B-veld. Standards bied ook ’n snoekbraai teen R25 aan wat ten tye van die wedstryde te koop is.

* Young Gardens speel Saterdag teen Laer Paarl op die Boy Louw-velde.

* Op Paas-Saterdag bied Young Standards The Fish King Tien-aan-’n-Kant toernooi by die Faurestraat-stadion aan. Die o.16 wedstryde begin om 08:00, die o.20 wedstryde teen 13:00 en eerste senior wedstryd begin om 15:00.

* Blue Stars United van Klapmuts beplan ’n uitstappie na Langebaan op 23 April. Die bus vertrek 07:00 vanaf Klapmuts Laerskool. Net ’n aantal sitplekke is nog beskikbaar. Bespreek plekke by 084-361-5138, 073-533-9747 en 083-419-4042.

* Saterdag pak Paarl Rangers, onder leiding van sy nuwe hoofafrigter, Johannes (Baby) van Reenen, die span van Raithby Universals op Daljosafat.

* Paarl Rangers bied ’n Paasnaweek-toer na Hermanus aan. Die klub sal op Paas-Vrydag na Hermanus vertrek en weer die Sondag terugkeer. Koste beloop R150 per persoon. Belangstellendes moet voor 15 April met die kassier by 078-970-1288 skakel.

* Young Gardens hou sy jaarlikse gholfdag eerskomende Vrydag (15 April) by die Paarl Gholfklub. Peter de Villiers (Springbok-afrigter), Chester Williams en Tinus Linee sal teenwoordig wees. Inskrywings vir ’n vierbal beloop R1600 en maatskappye kan ook adverteer teen R400 per gat. Daar is beperkte plek vir inskrywings beskikbaar, maar die klub sal kyk om laat inskrywings te akkommodeer. Die aand sal daar ’n getekende Springbok-trui opgeveil word. Kontak Mario (082-380-2680), Dewayne (084-581-6661) of William by (082-076-6182).

* Riverstones speel Saterdag teen Violets op die Daljosafat-stadion.

* Die Wellington Sportforum, in samewerking met Boland Rugby Unie en Drakenstein Munisipaliteit, bied ’n Paasfees Rugbytoernooi op die Newton-sportvelde aan op 21, 23 en 25 April. Newton, Villagers, Hillcrest en Roses United gaan deelneem. Die eerste wedstryd skop af op 21 April om 18:00. Skakel Hendrik le Fleur by 071-397- 0788.

* Young Peoples bied op 30 April sy jaarlikse Sewes-toernooi op Daljosafat aan. Vir deelname aan die toernooi, kontak George Buziek (083-522-6438) en Jacques Heyns (084-207-7535).

* Simondium speel Saterdag teen Windmeul op Windmeul se veld. Die bus vertrek om 11:15 van Simondium Laerskool. Die koste is R20 en R10. Skakel Henry Valentyn by 073-012-0620 vir meer inligting.

) PRETSTAP

* Boland Skool vir Outisme bied eerskomende Saterdag ’n pretstap aan. Alle stappers moet baniere en bewusmakingsplakkate saambring om te dra gedurende die stap, asook swart, wit en ligbou aantrek en die waaghalsiges kan hare spuit of gesigte verf. Skakel vir Alecia van der Westhuizen by 082-357-2948 principal.bolandautism@gmail.com

) POWERLIFTING

* The Paarl Physical Culture Club is the host of the Boland Powerlifting coaching seminar to be followed by an interclub powerlifting competition on 16 April at the Boland Cricket Academy (Boland Park).

) VEERPYLTJIES

Die Drakenstein Veerpyltjie-vereniging hou sy jaarlikse Paasnaweek-toernooi by die Ambagsvallei Sportsentrum (Groendakkies) in die Paarl. Dit is ‘n ope 4-aan- ’n-kant toernooi en almal is welkom om in te skryf. Belangstellendes kan Mervin Isaacs (082-315-5206) of Maxi Keet (073-866-0583) kontak of inskrywings faks na 086-551-7209 of lorenzo@bvfp.co.za. Wedstryde begin om 10:00 op 23 April met registrasie om 09:00.

) FULL MOON HIKE

This Sunday it is once again the Full Moon Hike at the Delvera Farm (R44) between Stellenbosch and Klapmuts (Klapmutskoppie). The cost is R50 per person. The start time is between 16:00 and 17:00. For bookings phone 021-884-4752.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za