Rugbytelbord
2011-04-14
BLUE STARS VAAR GOED Blue Stars United van Klapmuts het sover in hul nuwe liga (Westelike Provinsie Divisie 2) goeie rekenskap van hulself gegee. In hul eerste wedstryd teen Manenberg Rangers het die eerste span met 22-11 gewen, maar die tweede en derde spanne het onderskeidelik met 0-7 en 5-7 verloor. Die speler van die eerste span-wedstryd was Johhny Skinner. Teen Atlantis het al drie spanne die septer geswaai. Die eerste span het met 35-12 (4 drieë teenoor 2) gewen met uitblinkers Chase Jacobs, Henry Selala (kaptein), Francois Jacobs en plaasvervangers Sidney Jongalanga en Marvin Alexander. Jacobs is as speler van die wedstryd aangewys. Die tweede span het met 22-0 en die derde span met 10-5 gewen. ) RIVERSTONES KLOP ALLANDALE Riverstones het Saterdag daarin geslaag om ‘n begeesterde Allandale Rugbyklub met 29-18 te klop. Vir Riverstones het Marlin Zwaan, Yulin Claasen, Evan Kika en Christopher Mouwers drieë gedruk, terwyl Gerswin Paulse (losskakel) met 1 strafskop en 3 doelskoppe geslaag het. Elvano Fortuin (flank) is as die speler van die wedstryd aangewys. Die tweedes verloor met 14-28 en die derdes verloor met 3-17. ) RANGERS BUIG KNIE Die eerste span van Paarl Rangers moes Saterdag in ‘n spannende wegwedstryd die knie met 22-29 buig teen die span van Strand. Ongedwonge foute en swak besluitneming was die Paarliete se ondergang. ) SIMOMDIUM VERHANG BORDJIES Die eerste rugbyspan van Simondium het verlede Saterdag die bordjies teen Albions verhang nadat hulle die vorige naweek teen Vineyards ’n loesing op die lyf geloop het. Simondium het tuisveldvoordeel gebruik en Albions met 38-15 getroef. Julian Malangeni (vleuel) het twee drieë gedruk. Simodium se tweede- (7-10) en derde (10-21) spanne het albei verloor. ) KRIEKETTELLING VIR VINEYARDS Pêrel United sal graag Saterdag se wedstryd teen Vineyards wil vergeet. Vineyards het dié wedstryd met 106-0 gewen.
More
News
|