Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers klop Kuilsrivier

Pniel Villagers klop Kuilsrivier
 
2011-04-14


DIE eerste rugbyspan van Pniel Villagers het ’n goeie oorwinning van 24-20 in ’n wegwedstryd oor Kuilsrivier behaal.

Dit was geen maklike wedstryd nie en die Pniel-manne moes alles in die stryd werp om hierdie een deur te trek, veral in die laaste minute toe die Kuile die een aanval na die ander geloods het op soek na die wendrie.

Die besoekers se verdediging het egter gehou en sodoende is vier waardevolle ligapunte bygevoeg.

Vir hierdie oorwinning het niemand harder gewerk as Fernando Adams (haker) wat op aanval sowel as verdediging uitgetroon het.

Hy is goed ondersteun deur Strafred Geldenhuys (flank) wat weer eens sy hart uitgespeel het, terwyl Charlston Williams (agsteman) en Garland Alberts (flank) die donkiewerk in die vastelos verrig het.

Agterlangs het Byron Schoeman stewig op heelagter vertoon en elke keer as die geleentheid hom voorgedoen het, het hy netjies by die agterlyn aangesluit en was ook beloon met ’n drie ná ’n volle agterlynbeweging toe hy die ekstra man bewerkstellig het.

Villagers se skrumwerk was nie na wense nie en daar sal hard daaraan gewerk moet word voor die volgende wedstryd teen Tygerberg.

Drieë is gedruk deur Enrico du Preez, Strafred Geldenhuys en Byran Schoeman terwyl Edwin du Preez met twee strafskoppe en Stefanus met een strafskop geslaag het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za