Eerste o.19 Paasfees-rugby op Boland-stadion
2011-04-14
DIE Boland Rugby-unie bied vanaf Donderdag 21 April tot Maandag 25 April vir die eerste keer in sy geskiedenis ’n o.19 Paasfees-rugbytoernooi aan op die Boland-stadion op Wellington. Die agt hoërskole wat tydens dié toernooi in aksie gaan wees, is almal vanuit die Wes-Kaap. Die deelnemende skole is Weston Hoërskool (Vredenburg), Bredasdorp Hoërskool (Bredasdorp), Ashton Hoërskool (Ashton), Wellington Sekondêr (Wellington), Zisukhamyo Sekondêr (Phillipi), Scottsdene Sekondêr (Kraaifontein), Hoërskool Langenhoven (Riversdal) en Albertinia Hoërskool (Albertinia). Dié toernooi sal as ’n uitklop-toernooi beslis word, met elke skool wat drie wedstryde sal speel. Die eerste wedstryde begin op 21 April om 16:00. Saterdag en Maandag se wedstryde begin om 10:00. Vir navrae, skakel met Denver Pienaar (082-774-5921 of denver@bolandrugby.com) by Boland Rugby.
More
News
|