Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples verloor naelskraap teen Noordelikes

Young Peoples verloor naelskraap teen Noordelikes
 
2011-04-14


NA ’n teleurstellende vertoning verlede naweek op Pniel was die Tiere van Young Peoples Vrydagaand op die Daljosafat-stadion ongelukkig om die wedstryd teen Noordelikes (NNK) met 14-13 te verloor.

Die stryd tussen die voorspelers was verwoed en Young Peoples het met goeie verdediging telkemale die voorspeler-momentum en rolmaalbewegings van NNK gestuit.

Die Tiere het eerste punte aangeteken toe die losskakel, Cheslyn Cupido, met ’n skepdoel geslaag het.

Ná volgehoue druk deur die Tiere se voorspelers is NNK gestraf en Curtly Davids slaag met ’n strafdoel om die telling 6-0 te maak.

Net voor rustyd het NNK ná goeie spel deur hul voorspelers hul eerste drie gedruk en verdoel. Die spanne het gaan rus met die telling op 6-7.

Young Peoples het ná rustyd met vinniger rugby die swaar voorspelers van NNK laat bontstaan en was ongelukkig om nie verdere punte aan te teken nie.

Verskeie geleenthede om drieë te druk het verlore gegaan deur verkeerde besluitneming. Ná swak verdediging op die Tiere se doellyn het NNK hul tweede drie gedruk om die telling 14-6 te maak.

Die Tiere het hierna met nuwe vuur gespeel en die swaar voorspelers van NNK onder druk geplaas. Ná ’n skrum op die doellyn van NNK het die slot Jason Thorne oorgebars vir die Tiere se enigste drie, wat verdoel is deur Curtly Davids, om die telling te 13-14 te maak

Met speeltyd verstreke het Curtly Davids misluk met ’n skepdoel-poging wat die eindtelling op 14-13 te staan gebring het in NNK se guns.

Die Tiere het met 4 pogings pale toe misluk en dit het hulle op die ou einde duur te staan gekom.

Die tweede span (8-10), derde span (0-47) en o.20’s (6-20) het ook hulle wedstryde verloor.

Young Peoples speel Saterdag weg teen Kuilsrivier. Die bus vertrek om 10:30 uit Groenheuwel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za