VRYDAG 15 April tree Francois Louw, oud-Boishaaier, om 20:00 by die Ou Meul-teater op.
In Klein Boishaai en HJS, waar hy in 2003 gematrikuleer het, was hy bekend as sportman.
Francois het in 2010 voltyds ’n musikant geword en in dieselfde jaar sy CD “Destination” uitgereik. As in ag geneem word dat sy oupa ook ’n orkes gehad het en dat sy pa ’n liefde vir skryf het, dan begin jy darem verstaan waarom ’n man met ’n B.Comm en ’n Honneursgraad in Stads- en Streekbeplanning hom aan sy musiek wil toewy. Sedert die ouderdom van 14 jaar skryf Francois al sy eie liedjies. Vandag is daar ’n repertoire van bykans 60 liedjies waarvan 13 op sy nuwe CD sal wees.
Die tema van die “Destination” CD is dat die lewe ’n reis is en dat jy nie net ’n doelwit of ’n eindpunt in gedagte moet hê nie, maar ook moet onthou dat jy voetspore laat. Hierdie CD is uitgereik kort nadat Francois die Camino de Santiago (’n 800km pelgrimstog in Spanje) voltooi het.
Francois het al voorvertonings vir Dozi, Adam Tas, Wikus van der Merwe en Steve Hofmeyr gedoen en ook die verhoog gedeel met Bobby van Jaarsveld en Heinz Winkler. Francois se genre is folk-rock en die woorde van sy songs spreek dikwels sosiale en religieuse kwessies aan.
Deure open om 19:30. Vir kaartjies, skakel Niki by 084-280-3162. Besoek www.francoi slouwmusic.co.za.