Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weghol-oorwinning teen Biltongboere

Weghol-oorwinning teen Biltongboere
 
2011-04-14

Sieb Sieberhagen

DIE Boland Kavaliers se weghol-oorwinning (71-33) verlede Vrydag teen die Welwitchias (Namibië) kon nou behoorlik die avontuurlustigheid in die Kavaliers-kamp losgelaat het as die bestuurspan gehou het by sekere kombinasies wat laat in die tweede helfte teen die Biltongboere diens gedoen het vir die wedstryd Saterdag teen die Valke in Kemptonpark.

Loffie Eloff het verlede Vrydag in die tweede helfte die twee vlugvoetiges, Willie le Roux (heelagter) en Elgar Watts (losskakel) langs mekaar op losskakel (Le Roux) en binnesenter (Watts) ingespan met redelike sukses.

Dit sou dus nie ’n verrassing gewees het indien dié kombinasie sommer met die intrapslag teen die Valke gebruik word nie. Volgens die spanlys is dit nie die geval nie, maar niks verhinder Elof om dit weer te doen nie.

Saterdag se wedstryd is slegs van akademiese belang, want die Bolanders staan nie meer ’n kans om na die eindrondes van die Vodacom-bekerkompetisie deur te dring nie.

Die bestuurspan het reeds te kenne gegee dat hulle nou reeds op die Curriebeker-seisoen fokus.

Hier teen die einde van die seisoen (Vodacom-beker) begin die Bolanders oortuig. Mens sal net wil sien dat hulle kan voortbou op die vorige twee oorwinnings (Welwitschias 71-33 en die Luiperds 43-14) se hardlooprugby en nie warm en koud blaas soos wat al baie in die verlede gebeur het nie.

Eloff, Boland se direkteur van afrigting, het ’n sterk span aangewys om die Valke aan te durf. Die Boland-span is: 1.Charl du Plessis 2. Clemen Lewis 3. Rossouw Kruger 4. Lehan Koekemoer 5. Grant le Roux 6. Franzil September 7. Thor Halvorsen 8. Zandre Jordaan 9. Bolla Conradie (kaptein) 10. Elgar Watts 11. Jonathan Francke 12. Braam Gerber 13. Cornal Hendricks 14. Brendon April 15. Willie le Roux 16. Ashton Constant 17. Callie Steenkamp 18. Jerry Sefoko 19. PJ van Zyl 20. Junior Bester 21. Marnus Hugo 22. Manie Adams.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za