SMS
2011-04-14
* Candidate ward 16: Not what you know, but who you know. Well paid job just for friends. Lionel * Wat kan so dringend wees dat die swart karre deur die Paarl moet jaag en dit nogal met polisie- en verkeersbegeleiding en loeiende sirenes en dit in spitsverkeer? O ja, die vise-president het kom stemme werf. * Seker nie moeilik om rommelvarke vas te trek wat erf bemors in Wellington nie. Beboet hulle! Baie dankie aan skoonmakers. Riette Wellington * Dis reg, jaag die kopers uit die dorp met parkeertariewe, julle geldwolwe. * Ek het op 4 April Paarl Mall toe gery - hier rondom 12: 45. Ek het ’n trekker met sy druiwe-treiler CJ 4682 langs die pad sien staan agter die KWV-kelder - met ’n man wat druiwe in ’n sakkie pak. Dit lyk my dis die boer se eie mense wat die druiwe weggee. * 10 uit 10 vir flinke en uiters professionele, simpatieke diens met soveel empatie aan ons ontslape vader asook ons moeder. Pretorius-familie. * Die Paarl Hospitaal het ook altyd ’n swak antwoord op alles! Kry jul prioriteite reg! Dis mense nie diere waarmee jul werk nie! * Wat ’n plesier om te stop by die verkeersbeampte by Gim Hoërskool. Sy is altyd vriendelik - dankie vrou, ons sien dit raak. * Pas op tog vir mense wat hul voordoen as boekhouers en van hul huise af werk - gaan liewer na gevestigde firmas en spaar baie geld en irritasies. * Ek het vele kere beide Paarl en Wellington verkeer ingelig oor maroen Tata Indica CN20881 wat ongelisieerd is, maar niks is gedoen nie.
More
News
|