Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir hierdie versorger

Pasop vir hierdie versorger
 
2011-04-14


HIERDIE is ’n waarskuwing aan almal wat tuisversorgers in diens het of oorweeg om in diens te neem, asook almal wat iemand anders ken wat moontlik van een gebruik sal maak.

Hierdie insident/e is op 30 Maart blootgelê en hierdie persoon (58 jaar oud van Wellington) sal waarskynlik nou ander werk soek. Sy is baie godsdienstig, “vreeslik lief” vir ou en siek mense, en het verskeie goeie verwysings. Sy het ook ’n Educare-kursus gedoen en mag dalk probeer om iewers ’n pos te kry om met klein kinders te werk - wees dus daarop ook bedag.

Sy was nege jaar in ons diens om na my verswakte moeder (nou 87 jaar) om te sien.

Sy het oor ’n lang tydperk my ma sielkundig en fisies mishandel. Voor ons was sy die heiligheid self en het uit haar pad gegaan om ekstras te doen.

Weens verskeie redes was my ma te bang om daaroor te praat. Sy het onder andere my ma ingeprent dat sy Alzheimers het en dat ons haar in elk geval nie sal glo nie. My ma se kop makeer egter niks.

Ek het haar self onlangs betrap en laat loop. Verskeie ander mense was egter ook getuies van hoe sy my ma behandel het.

Weens die trauma wat my ma reeds deur is en haar hoë ouderdom, wil ons haar nie graag deur ’n hofsaak sit nie, maar probeer net almal waarsku teen haar.

Sy is ’n opgeleide tuisversorger van die Wamakersvallei-opleidingskollege. Hierdie kollege doen baie goeie werk en lewer goeie diens. Ek het reeds weer een van hul gewese studente in diens.

Sy staan bekend onder haar tweede naam Milleren (of as Merle). Haar ID nommer begin met 530303. Skakel my by 079-160-4644 vir meer inligting.

Estelle Wiggill




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za