AAN die meneer wat op 1 April in Cliftstraat oorkant die ingang van Vineyard Spar my geparkeerde kar gestamp het, en toe ten spyte daarvan dat ek die toeter geblaas het, net eenvoudig ingery het en binne gaan parkeer het sonder om te kom kyk of daar skade aan my kar is, wil ek net vir u sê u arrogante houding laat veel te wense oor!
Aan die Meneer wat aan die anderkant van die straat geparkeer was en dit gesien gebeur het, (ongelukkig het ek nie jou naam of foonnommer geneem nie) baie dankie dat u vorentoe gery het en vir my gesê het dat jy dit gesien het en toe ook vir my gevra het om die agterdeur oop te maak om te kyk of daar skade is, wat wel opgedoen is. Hy het ook vir my gesê dat jy, meneer, moes stilgehou het om te kyk of daar skade is of nie.
Toe jy ingery het in die parkeerarea het ek jou nommer geneem en toe gaan soek ek jou en toe ek jou sê jy het my kar gestamp en hoekom het jy net weggery, toe word ek vertel dat jy agter in die kar geslaap het en dat iemand anders bestuur het en dat jy niks gevoel het nie.
Toe ek vra wie die bestuurder was toe vertel jy vir my jy weet nie, want jou vrou het die man opgetel.
Meneer, in hierdie tye waarin ons lewe, glo ek nie dat enige vrou ’n wildvreemde man sal oplaai langs die pad en hom dan laat bestuur nie.
Dit is moontlik jou eie seun wat moontlik sonder ’n lisensie bestuur en wat jy nou probeer beskerm. Gelukkig vir jou is daar op die oog af geen skade nie.
Ek bestuur al vanaf 1961 en met die Heer se genade het ek nog nooit ’n ongeluk veroorsaak nie, maar indien ek ooit sou skuldig wees aan so iets, sal ek beslis nie soos ’n lafaard wegry van die toneel af en sou ook nie sulke absurde stories vertel het nie.
Meneer, eerlikheid bring ’n mens ver in die lewe en hoe gouer “die bestuurder” van die kar dit leer, hoe beter gaan dit vir hom eendag wees.
Baie eerlike dame