Baie skole-rugby hierdie Saterdag in die Paarl
2011-04-14
ONDERSTEUNERS van skole-rugby in die Paarl sal moet mooi beplan om by al die skole-rugby uit te kom wat Saterdag in die Paarl gespeel word. Behalwe die Boland Hoërskole Sentraal-streekrugbydag wat Saterdag op Hoërskool Labori se velde aangebied word, speel Boland Landbou, Gimmies en Boishaai op hulle tuisvelde. Dié streekrugbydag is ’n geleentheid vir Boland Rugby se skole-keurders om bykomende spelers te identifiseer vir Boland se o.16- en o.19 Elite-groepe, wat op ’n latere stadium aan die Boland-proewe gaan deelneem. Die spanne wat teen mekaar in aksie gaan wees, is Stellenbosch Hoërskool vs New Orleans Sekondêr (07:30), Cloetesville Sekondêr vs Wellington Sekondêr (08:30), Groendal Sekondêr vs Weltevrede Sekondêr (09:30), Charleston Hill Sekondêr vs Kylemore Sekondêr (10:30), Noorder-Paarl Sekondêr vs Hugenote Hoërskool (11:30), Klein Nederburg Sekondêr vs Bergrivier Sekondêr (12:30) en Hoërskool Labori vs Paulus Joubert Sekondêr (13:30). Bogenoemde spanne se o.19- en o.16-spanne sal Saterdag vanaf 08:30 kragte meet op die A- en B-velde onderskeidelik, met die laaste wedstryd van die dag wat om 14:30 beslis sal word. Op Hoër Landbouskool Boland se rugbyveld pak die swarttruie se o.19A span vir DF Malan om 12:20, Gimnasium pak vir Bishops (11:30) en Hoër Jongenskool speel om 12:40 teen Outeniqua (George) op die Brugstraat-velde.
More
News
|