Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nóg ’n aanval

Nóg ’n aanval
 
2011-04-14

Lise Beyers

NOG ’n Paarliet is vandeesweek in die Arboretum in die Paarl beroof.

’n Jong man het Maandagoggend oudergewoonte in dié boompark langs die Bergrivier gedraf, toe hy naby die spoorwegbrug deur twee mans genader is.

Hy het onraad vermoed en het in die hardloop sy sim-kaart vanuit sy selfoon gehaal. Toe die mans by hom kom het hulle hom aangekeer en op sy selfoon aangedring.

Hy het dit aan hulle oorhandig en die diewe het hul uit die spore gemaak.

Vroeër vanjaar is ’n vrou byna verkrag toe sy ook in die Arboretum gedraf het.

In ’n struweling met haar aanvaller het die vrou twee gebreekte ribbes opgedoen, asook ’n nekbesering.

Alhoewel ’n noodvergadering deur die Drakenstein Munisipaliteit hierna gehou is om na veiligheid in die Arboretum te bekyk, is daar steeds geen daadwerklike poging aangewend om hierdie kwessie aan te spreek nie.

Toe is kwotasies aangevra vir die uitbreiding van sekuriteitsdienste by die Arboretum om vas te stel of genoegsame fondse beskikbaar sal wees.

Nou word vrae ook deur die publiek gevra oor waarvoor die munisipale wetstoepassers aangewend word?

* Another person has been robbed in the Arboretum.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za