Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doodskis op wiele van pad afgetrek

Doodskis op wiele van pad afgetrek
 
2011-04-14

Lise Beyers

VERKEERSBEAMPTES was byna spra­keloos verlede week toe hulle ’n minibus-taxi van die pad afgetrek het, en 18 passasiers uit die sewesitplek-voertuig geklim het.

By nadere ondersoek is daar ook gevind dat die bestuurder ’n streep misdrywe gepleeg het.

Tydens ’n roetine-padblokkade wat Vrydagoggend gehou is in Jan van Riebeeckrylaan, is ’n Toyota Condor-bussie met ’n Venter sleepwaentjie daaraan gekoppel, deur verkeersbeamptes van die pad afgetrek vir inspeksie.

Die passasiers is gevra om uit die voertuig te klim, en soos sardientjies in ’n blik, het 18 mense uit die voertuig gepeul.

Hierna het die waarskuwingsklokkies begin lui, en die voertuig is na die Daljosafat-toetssentrum begelei. By nadere ondersoek is nóg talle misdrywe ontbloot.

Die bestuurder, Anderson Ntshanka, was nie in besit van ’n bestuurderslisensie, of die nodige publieke bestuurspermit wat benodig word om passasiers te vervoer nie.

Daar is ook vasgestel dat die taxi onpadwaardig is en die laaste spyker in hierdie doodskis op wiele, was die feit dat die sleepwa wat aan die taxi gekoppel was, gesteel is.

Rekords toon dat die waentjie in 2009 in Welgemoed gesteel is, maar die bestuurder van die taxi ry al ’n geruime tyd daarmee tussen Kaapstad en die Oos-Kaap. Die taxi behoort aan Bubu Vervoer van Kaapstad.

Alternatiewe reisreëlings is getref om die passasiers na Kaapstad te vervoer, terwyl die bestuurder aangekla is volgens verskeie verkeerswette, asook van diefstal.

* Traffic police discovered 18 passengers in a seven-seater vehicle when they stopped a minibus taxi during a routine road-block in Dal Josaphat.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za