Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl roeiers presteer in snelroei

Paarl roeiers presteer in snelroei
 
2011-04-14


VERSKEIE van die Paarl Kanoklub se roeiers het onlangs tydens die WP-snelroeikampioenskappe wat in die Paarl aangebied is, hulle goed van hulle taak gekwyt.

In die o.18 mans-afdeling het Luke Stowman algeheel in die eerste plek geëindig met Michael Farringer (tans o.16) in die tweede plek. Danie Buys (ook o.16) was algeheel in die derde plek.

In die o.21 mans-afdeling het Joseph Williams algeheel eerste geëindig met Emile Minnaar in die tweede plek.

Veteraan Herbert Conradie was in sy afdeling algeheel eerste en in die meesters-afdeling was roeiers Francois du Toit (3de algeheel) en Francis Steyn (4de algeheel) die presteerders.

In die submeesters-afdeling het Johan Smit in die 1000m en 500m tweede plekke behaal en in die 200m ’n eerste plek.

In die Sub-grootmeestersafdeling was Eric Farringer algeheel derde en Giel van Deventer (groot meesters) 2de algeheel.

In die 1000m snelroei vir senior mans het Heinrich Schloms ’n derde plek verower.

In die o.18 dames-afdeling in die 1000m, 500m en 200m snelritte het She-Earl de Wee derde plekke en Jo-Ann Minnaar vierde plekke behaal.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za