Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bespaar ons krag?

Bespaar ons krag?
 
2011-04-21


VIR ’n geruime tyd oorweeg ek dit ernstig om ’n ‘solar-geyser’ in te sit, met twee doele voor oë: 1. Om krag/energie te bespaar en 2. Om geld te bespaar op my maandelikse kragrekening.

In Januarie het my ‘geyser’ die gees gegee. Ek sien dit toe as ’n geleentheid om Eskom en ‘solar’-besighede se bewerings te toets. Hulle beweer dat jou ‘geyser’ sowat 40-50% van jou elektrisiteitsrekening uitmaak.

In plaas daarvan om die ‘geyser’ reg te maak, sit ek dit af. Die stopkraan op die eenheid word toegedraai en dit word afgesit by die kragboks op 18 of 19 Januarie.

Maar toe my Februarie rekening aankom, in plaas van ’n korting, is die rekening met R29,03 meer as my vorige rekening!

My ‘geyser’ is nog steeds af. Ek het my nie eens moeg gemaak om na die munisipaliteit te gaan nie, want die fout is nooit daar nie.

Eskom en ‘solar’-besighede, is julle besig met misleidende advertensies of skat die munisipaliteit hul meterlesings? Maar wat dan van die persoon wat die meters kom lees elke maand - iewers is daar ’n slang in die gras?

Charlene Cupido




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za