RUSVERSTOREND, irriterend, ontstellend.
Bande en remme wat skreeu in die stilte van die nag, vir ure aaneen. Wie is dié mense? Wat is hulle beroep, bedags?
Hulle slaap nie snags nie, hulle jaag, verwoed, soos mal mense deur die strate.
Dit wil voorkom asof diegene al hulle frustrasies op hulle motorfietse of motors uithaal!
Waar is ons verkeersafdeling en of polisie? Dit is regtig baie erg en gaan ook al baie jare aan. Hoe bekostig hulle die brandstof? Die gejaag hou vir ure aan.
Ag nee wat, is dit nie moontlik dat die rusverstoring in die middel van die nag stopgesit kan word nie?
Cheryl, Noorder-Paarl