EK wil mede-pendelaars waarsku teen grypdiewe op Metrorail. Ek is nog in skok nadat ek op die trein by Klapmuts een van die slagoffers van grypdiewe geword het.
Ek voel dat ek ook skuld dra aan die hele storie wat plaasgevind het, want ek was hoeveel keer gewaarsku moenie met jou selfoon oop en bloot sit op die trein nie, maar omdat baie pendelaars dit doen, het ek begin gemaklik voel en dit ook gedoen.
Ek het vergeet dat daar mense in wolweklere in die trein is wat jou dophou.
Die trein was besig om by Klapmuts-stasie uit te trek op pad Paarl toe, en ek was besig om ’n speletjie op my selfoon te speel.
Toe ek weer sien, gryp iemand my selfoon deur die venster.
Ek het nog gestoei met hom en niemand van die ander pendelaars het my probeer help nie.
Dan is my vraag ook, waar is Metrorail se sekuriteitswagte, want toe die treinkaartjie se prys opgaan, is ons Metrorail-pendelaars baie goeie diens belowe, maar al wat ons kry is slegte diens.
Sharon Julies