Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Magteloos oor wetteloosheid in middedorp

Magteloos oor wetteloosheid in middedorp
 
2011-04-21


EK is ’n sakeman in Kasteelstraat, Paarl, agter ’n groot inkopiesentrum. Op Vrydae en Saterdae beset taxi’s die private parkering wat gereserveer is vir my klante.

Hul klante word daar op- en afgelaai en sit of lê op die sypaadjie met hul inkopiesakke die hele sypaadjie vol. Hulle drink sterk drank in die openbaar, skreeu en vloek op mekaar en somtyds raak hulle handgemeen.

My klante kla dat hulle lastig geval word deur hierdie sypaadjiesitters en by tye bedreig voel deur hul houdings en sê dat ek nie kan verwag dat hulle my moet ondersteun onder sulke omstandighede nie.

Op ’n vorige geleentheid het ek verskeie kere die Hoofverkeersbeampte van die Paarl geskakel wat my meegedeel het dat hy niks aan die taxi’s kan doen wat daar sake bedryf en ook op geel en rooi strepe in Kasteelstraat parkeer nie, aangesien die strepe baie dof is en die “mense” moet dit oorverf.

Op Vrydag 14:25 skakel ek weer die Verkeerspolisie asook die Munisipaliteit en beide skitter in hul afwesigheid: niemand antwoord die telefoon nie, hierdie afdeling van die dorp is in stilswye.

Ek skakel die SAPD oor ’n dronk vrou wat almal molesteer en vloek op die sypaadjie. Die polisiebeampte wat opdaag, deel my mee dat hulle nie meer dronkes mag arresteer nie.

Kort daarna kom daar ’n wetstoepassingsbussie vol beamptes en draai in by my parkeerarea. Ek wink na die bestuurder van die voertuig wat ongeveer 20 meter van my is, maar hy ignoreer my in totaal en ek gee ’n harde fluit op sy aandag te trek, maar sonder sukses.

Ek stap toe na die lid wat bestuur het en vra hom waarom hy my ignoreer en op ’n sarkastiese, bombastiese houding laat hy my verstaan dat hy nie ’n hond is nie en op ’n versoek dat hy na my klagte moet omsien deel hy my mee dat ek in my hel moet vlieg aangesien niemand vir hom sê wat hy moet doen nie.

Hulle was ongeveer 7 lede in die bussie en hulle het my begin beledig en aangesien ek bedreig gevoel het, moes ek druipstert die toneel verlaat.

Die grondwet maak voorsiening dat ek geregtig is op beskerming en diens, maar terselfdertyd verbied hy my om die wet in eie hande te neem.

Ek is oortuig dat die polisie, verkeerspolisie, wetstoepassers en munisipaliteit nie op hoogte is watter rol die sakesektor speel nie - my ondervinding is dat hulle nie “sakesektor” vriendelik is nie.

Ja goed, daar is ’n groot gebrek aan vaardigheid en bestuur aan hulle kant, maar tree tog intelligent op.

Neville Botha




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za