Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bees opgekap langs besige pad

Bees opgekap langs besige pad
 
2011-04-21

Lise Beyers

MOTORISTE het verlede week geskok gekyk hoe mense langs ’n besige pad ’n bees uitmekaar sny.

Hierdie tonele het afgespeel nadat die motor waarin twee verpleegkundiges Donderdagaand gery het, teen ’n bees gebots het wat voor hul voertuig ingeloop het naby Mbekweni.

Alhoewel die motor ernstig beskadig is, het die insittendes slegs ligte beserings opgedoen.

Die beseerde bees het in die pad gelę terwyl die polisie die hulp van die Dierebeskermingsvereniging ingeroep het.

Linda Groenewald van die DBV het gesę dat met hul aankoms op die toneel het hulle vasgestel dat die bees ernstig beseer is.

“Ons het dus uit menslikheid die polisie gevra om die dier se lyding te beëindig. Dit is toe in die kop geskiet.”

Volgens omstanders het die skoot skaars geklap, of inwoners van die gebied het die karkas bestorm en daaraan gekap met enige voorwerp wat hompe vleis uit die bees uit kon sny.

“Dit mag nie so in die publiek gedoen word nie, maar daar was te min wetstoepassers teenwoordig om die skare te beheer. Selfs pangas is gebruik om die vleis te sny,” het Groenewald gesę.

Hierdie voorval het weer eens die probleem van rondloperbeeste onder die soeklig gebring.

Rondloperbeeste skep al jare ’n probleem op plaaslike paaie, veral op Jan van Riebeeck­rylaan naby die woonbuurt Mbe­kweni.

Talle ongelukke soos dié van Donderdagaand het reeds hier plaasgevind.

Volgens die munisipale regulasies is dit teen die padverkeerswetgewing (Wet 93 van 1996) dat diere los loop.

Loslopende diere is veronderstel om deur die wetstoepassers van die munisipaliteit geskut te word by die munisipale veeskut in Stokeryweg, Paarl, maar dit gebeur nooit nie, hoofsaaklik omdat die skut nou gebruik word vir motorwrakke.

Walter Brink, wat op die jongste ongeluk afgekom het, het briesend gesę dat iets aan hierdie kwessie gedoen moet word.

“Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om die paaie te beveilig.

“Gaan hulle eers wag totdat ’n noodlottige ongeluk plaasvind voordat hulle iets oor die rondloperbeeskwessie gaan doen?”

* Residents of Mbekweni hacked a cow to pieces which was put down due to injuries after it was hit by a car in Jan van Riebeeck Drive.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za