Vrou by skool aangeval
2011-04-21
’n VROU is verlede week naby ’n plaaslike skool aangeval terwyl sy vir haar kind gewag het. Die vrou het in haar motor gesit en wag in Klein Bosch-en-Dalstraat, Paarl, toe ’n vermeende dief haar handsak deur die oop venster vanuit die passasierskant van die motor probeer gryp het. Polisiewoordvoerder, Kapt Louise du Plessis, het gesê dat die vrou terugbaklei het. “’n Vrou wat die toneel aanskou het, het die slagoffer te hulp gesnel, maar die dief het haar selfoon gegryp, asook dié van die vrou wat in die motor was. Hy het te voet gevlug.” Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, kan kst Levona Davids skakel by 021-807-4000.
More
News
|