Diewe vas ná gewapende roof op Klapmuts
2011-04-21
DRIE vermeende diewe is vasgetrek kort nadat hulle ’n winkel op Klapmuts beroof het. Die voorval het Vrydagmiddag plaasgevind toe drie mans ’n huiswinkel van ’n Somaliër binnegekom het. Volgens polisiewoordvoerder kst Naiema Vaughan, het die mans eers die Somaliër gevra of hy belang stel om selfone te koop. “Toe hy aan hulle nee sê het een van die mans glo ’n mes uit sy sak gehaal. Hulle het hierna aangedring op al sy geld, asook pakkies sigarette.” Die mans het toe te voet gevlug, maar Konstabel Justin America het hulle gewaar en agterna gesit. “Hy het versterkings ingeroep en ADT-sekuriteit het ook kom help om die mans aan te keer.” Ayanda Tuleni (25), Khotsa Moloobeka (19) en Vuyani Gobe (18) is kort hierna in hegtenis geneem.
More
News
|