Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kind lewend begrawe

Kind lewend begrawe
 
2011-04-21

Lise Beyers

DIE gemeenskap van Klapmuts is in rou gedompel ná die smoor-dood van ’n plaaslike kind wat lewendig begrawe is.

Die tragedie het Donderdag plaasgevind terwyl die vierjarige Ethan Wagenaar op ’n oop stuk veld gespeel het naby sy ouerhuis by De Jagerstraat op Klapmuts.

Ethan en ’n groepie vriende het in ’n gat gespeel wat gevorm is deur mense wat hiér bousand uitgrawe.

Hulle het vermoedelik in die wand van die gat holtes gegrawe, toe die sand meegegee en vir Ethan begrawe het.

Sy ouer broer, Nethan (8), het vertel dat hy en vriende daar naby rugby gespeel het toe hy om hulp geroep is.

“Een van Ethan sy maatjies het angstig vir my kom roep. Hy het gesê dat my broer onder die sand verdwyn het.

“Toe ek by die gat kom, het net sy hand uitgesteek. Ek het hom probeer uittrek, maar die sand het hom vasgehou.”

Nethan het inderhaas na sy huis gehardloop en sy ma van die voorval vertel. Christelene Wagenaar is na die toneel en met die hulp van nog ’n inwoner van die gebied, is Ethan uitgegrawe.

Nog ’n inwoner het hulle na die hospitaal vervoer.

“Ehtan was blou in die gesig en het swaar asemhalingsgeluide gemaak. Ek kon hoor dat hy baie sukkel.

“Ek het hom styf vasgehou en gebid dat hy bly lewe.”

Maar kort ná hul aankoms by Paarl Hospitaal is Ethan dood verklaar.

Vrydag het beide Ethan se ouers om die gat gestaan waar hul seun lewendig begrawe is.

Sy pa, Vicky Kock, het gesê dat dit al plek is vir die kinders in dié gebied van Klapmuts om te speel.

“Maar bouers kom laai onwettig vragte sand hier weg. En die sand is baie sag, soos seesand.”

Ethan se begrafnis vind Saterdag om 08:00 vanaf die huis plaas en daarna word die diens om 09:00 by die Klapmuts-klubhuis gehou.

* A four-year-old child from Klapmuts died after being buried alive when a sand bank collapsed on him.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za