Sportdagboek
2011-04-21
*KRIEKET* Die SRRadiators Young Peoples Krieketklub hou op Dinsdag (26 April) sy algemene jaarvergadering om 19:00 by die klubhuis in Daljosafat. Alle lede, spelers en bestuurslede moet die vergadering bywoon. Na afloop van die vergadering sal daar ’n braai wees vir almal. Alle belangstellendes en nuwe lede is ook welkom. Vir verdere inligting, kontak Mervyn Julies by 079-968-7476, Paarl-Oos Krieketklub se prysuitdelingsfunksie vind plaas op 6 Mei (19:00) by die Bolandpark-stadion. *RUGBY * Violets speel hierdie naweek teen Young Gardens by die Tien-aan-’n-Kant-toernooi wat by die Faurestraat-stadion aangebied word. * Op 30 April hou Violets ’n worsrol-aand vir R25 by Kenneth Dennis se woning. Kontak 072-561-3136. * Eerskomende Saterdag bied Young Standards die Fish King Tien-aan-’n-Kant-toernooi by die Faurestraat-stadion aan. Die o.16 wedstryde begin om 08:00, die o.20 wedstryde om 13:00 en eerste senior wedstryd begin om 15:00. * Blue Stars United van Klapmuts beplan ’n uitstappie na Langebaan op 23 April. Die bus vertrek 07:00 vanaf Klapmuts Laerskool. Net ’n aantal sitplekke is nog beskikbaar. Bespreek plekke by 084-361-5138, 073-533-9747 en 083-419-4042. * Young Gardens RFC se oefeninge is Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 by Daljosafat en alle voornemende spelers is welkom. Vir enige navrae, kontak Mario by 021-870-1081 en William Meyers by 082-0766-182. * Paarl Rangers bied ’n Paasnaweek-toer na Hermanus aan. Die klub sal op Paas-Vrydag na Hermanus vertrek (10:00 vanaf Centrepoint) en weer die Sondag terugkeer. Koste beloop R150 per persoon. Belangstellendes moet voor 15 April met die kassier by 078-970-1288 skakel. * Die Wellington Sportforum, in samewerking met Boland Rugby Unie en Drakenstein Munisipaliteit, bied ’n Paasfees Rugbytoernooi op die Newton-sportvelde aan op 21, 23 en 25 April. Newton, Villagers, Hillcrest en Roses United gaan deelneem. Die eerste wedstryd skop af op 21 April om 18:00. Skakel Hendrik le Fleur by 071-397- 0788. * Young Peoples bied op 30 April sy jaarlikse Sewes-toernooi op Daljosafat aan. Kontak George Buziek (083-522-6438) en Jacques Heyns (084-207-7535). *NETBAL * Die Paarl Netbalklub se oefeninge is op Maandag en Donderdag om 18:15 op die Zanddrift-bane. Alle belangstellendes kan Annelie Lucas by 083-377-2232 of Bennie Saayman by 083-462-6311 skakel. * Annie Kloppers het onlangs haar nuwe boek “Netball play with rules” vrygestel. Dit word aanbeveel vir skeidsregters, afrigters, spelers en netbal-liefhebbers (R125 aflewering uitgesluit by anniekloppers@gmail.com). *SOCCER * Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. For more info, please contact Lionel Matthee at 072-239-2181 or 021-807-4847. *BOOGSKIET *Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00-18:00 by die Nelson Wynlandgoed. Vir inligting, kontak Louis by 021-870-1257 of 072-613- 7664. * BODYBUILDERS * Bodybuilders in the Paarl area must register (R50) with Boland in order to take part in championships. Contact AC Adams at 021-862-8009 or 071-178-0578 for more information. Paarl will be the venue for the SA natural bodybuilding championships at the Noord-Eind Primary School on 15 October. *VEERPYLTJIES *Die Drakenstein Veerpyltjie-vereniging hou sy jaarlikse Paasnaweek-toernooi by die Ambagsvallei Sportsentrum (Groendakkies) in die Paarl. Dit is ‘n ope 4-aan-’n-kant toernooi en almal is welkom om in te skryf. Belangstellendes kan Mervin Isaacs (082-315-5206) of Maxi Keet (073-866-0583) kontak of inskrywings faks na 086-551-7209 of lorenzo@bvfp.co.za. Wedstryde begin om 10:00 op 23 April met registrasie om 09:00. * MTB FESTIVAL *The Delvera Farm near Stellenbosch will host an action-packed mountain-bike event from 29 April to 2 May. It is the 11th year that the Dirtopia mountain-bike festival takes place.
More
News
|