Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wind pla, maar lyne dra

Wind pla, maar lyne dra
 
2011-04-21


’n BAIE sterk suidoostewind het die hengelaars verlede Saterdag by die Paarl-dam gepla, maar ten spyte daarvan is daar uitstekende vangste gemaak tydens die derde klubkompetisie van die Paarl Varswater-hengelklub vanjaar.
’n Totaal van 1135 visse is in die 8 uur wat die kompetisie geduur het, deur 35 hengelaars gevang.

Sydney Diedericks het die beste gevaar met 50 visse met ’n gewig van 55,1kg. Johan Otto was 2de met 63 visse vir 47,9kg en Terrance Carlson 3de met 101 visse vir 21kg.

Onder die dames was Magda Otto die beste hengelaar met 50 visse vir 13,7 kg. In die 2de plek was Zandrea van Deventer met 42 visse en in die 3de plek Maryke Ferreira met 37 visse. Die grootste vis vir die dag, ’n karp van 3,5 kg, is gevang deur Phillip Theron. Ná 3 kompetisies is Sydney nou die algehele voorloper met 146 punte, gevolg deur Phillip met 140 punte en Paul Greyling jr in die 3de plek met 139 punte.

Magda is die voorloper onder die dames met 118 punte, Zandrea 2de met 112 punte en Ciska Joone in die 3de plek met 97 punte. Terrance Carlson is die voorloper in die junior afdeling.

Die volgende klubkompetisie is op 11 Junie by J-dam naby Zeekoeivlei. Dis ’n dam waar groot visse gevang word, maar daar is ook ’n groot kans dat jy glad nie ’n vis aan val gaan bring nie.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za