Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions se skepskop klink Standards se doppie

Albions se skepskop klink Standards se doppie
 
2011-04-21


DIE eerste rugbyspan van Albions het Saterdag teen ’n begeesterde Young Standards in ’n baie harde en vinnige wedstryd te staan gekom. ’n Skepdoel in die laaste paar minute het Albions op die ou einde koning laat kraai en hulle wen toe die wedstryd met 17-15.

Standards het wel eerste punte aangeteken met ’n drie in die hoekie, maar later het Albions hulle stempel stadig maar seker begin afdruk.

Tussen die voorspelers was dit veral die veteraan-stut Ashwin Williams wat elke keer die dryfmaal-beweging aan die gang gekry het en vir Albions momentum gegee het.

Onnodige foute deur Albions voor rustyd het veroorsaak dat Young Standards kon slaag met twee strafskoppe om die telling 11-0 te maak.

Albions het egter nie opgegee nie en net voor rustyd breek Carlyle Williams (skrumskakel) deur ’n gaping en gee die bal vir Shane Warries (slot) wat gaan druk. Die geslaagde doelskop deur Lincoln du Preez het dit 7-11 gemaak.

In die tweede helfte het Albions weer karakter getoon deur aanhoudende aanvalle te loods. Sodoende word Herbert Schalkwyk (vleuel) beloon met ’n prag-drie, wat verdoel word deur Lincoln du Preez om die telling 14-15 te maak.

Met nog vier minute speeltyd oor het Albions weer die bal bemeester en Carlyle Williams het die bal na Lincoln du Preez laat loop wat ’n skepskop van 25 meter deur die pale gejaag het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za