Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rooikaart met Frank Opperman

Rooikaart met Frank Opperman
 
2011-04-21


DIE bekende akteur, Frank Opperman, is op 29 April by die Breytenbach-sentrum om 20:00 op die planke met sy eenmanstuk Rooikaart. Dit is geskryf deur Dana Snyman, wat ook die baie suksesvolle “Die uwe Pottie Potgieter” geskryf het waarmee Opperman vir lank deur die land getoer het.

In Rooikaart vertolk hy die rol van Wally Koekemoer. Wally is die president van ’n plaaslike rugbyklub. Die verhoogstuk speel af in die klubsaal waar die jaarlikse prysuitdeling van die rugbyklub plaasvind. Wally behartig die prysuitdeling en doen sy bes om alles bymekaar te hou, ten spyte van die probleem dat meeste van die spelers nie opgedaag het nie. Wally het ook ’n paar geraamtes in die kas, en dit kom mettertyd uit.

Kaartjies is R90 per persoon en kan bespreek word by 021-873-2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za