Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Basaar en familiepret by kerk

Basaar en familiepret by kerk
 
2005-10-20


DIE maand Oktober beteken basaar vir lidmate van die NGK Wellington-Oos in Cummingsstraat.

Die feestelikheid skop reeds Donderdagaand, 27 Oktober om 19:30 af met ’n guitige, gratis gemeente-konsert.

Saterdagoggend 29 Oktober kan pannekoek en koffie reeds van 07:30 gekoop word.

Ná die amptelike opening om 09:00, kan lustig gekoop word aan die gebruiklike brood, beskuit, klein en groot koeke, terte, poedings, vars groente en plantjies en vleis (topgehalte wors en maalvleis teen R28 per kg). ’n Kafee sal ligte maaltye en drinkgoed verskaf.

Gaan snuffel gerus by die Kersmark en Wit Olifanttafel vir onverwagse verrassings.

Hierdie jaar val die klem op kinders en diegene wat jonk genoeg van gees is. Kom geniet ’n outydse spookhuis, daag mekaar uit met “paintball” speletjies of kry ’n kampioen-familiespan bymekaar vir die boeresport.

By die kindertafel gaan die kinders bederf word met lekker- en eetgoed met ’n verskil. Die tradisionele treintjie sal ook sy rondes doen.

Die pretdraf/pretloop (06:15) en prettrap (07:30) begin Saterdag vanaf die kerkgebou. Inskrywingsgeld beloop R10 (R5 vir kinders by die wegspringpunt.

Deelnemers kry gratis koeldrank. Pryse word om 08:45 by die kerk uitgedeel. Kom geniet ’n heerlike hoenderbraai Saterdagaand vanaf 18:00 by die kerk teen R25 (’n boereworsrol en sap teen R7 vir kinders).

Bespreek vir die ete voor 26 Oktober by die kerkkantoor (873-2690), of bel Susna by 864-1665 of 084-664-1665.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za