Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Heerlike fees van kultuur by HJS

Heerlike fees van kultuur by HJS
 
2011-04-21


DIE Hoër Jongenskool Paarl bied vanaf 9 tot 13 Mei ’n Kultuurweek aan.

Die gala-aand neem die vorm aan van ’n koorfees op 12 Mei om 19:00. Kore van tien skole van die omgewing deel daardie aand die verhoog met die HJS vokale ensemble. C2C, tree ook op en die aand word afgesluit met ’n massa-item deur ongeveer 450 koorlede. Kaartjies vir dié geleentheid is R50.

Die week skop af op Maandag 9 Mei met ’n Musiek- en Drama-aand (19:00). Kaartjies is R30.

Op 11 Mei om 15:00 kom gesels Mart-Marie Schoeman, besigheidskonsultant in Musiek en skrywer oor die uitdagings en moontlikhede van ’n beroep in die musiekwêreld. Kaartjies is R30. Kaartjies is beskikbaar by die skool (021 872 2875).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za