Paastoernooi vir Boland klubs by Newton-rugbyvelde
2011-04-21
VIR die eerste keer in die Boland Rugby-unie se geskiedenis word ’n o.19 Paasfees-rugbytoernooi op die Boland-stadion op Wellington aangebied, van vandag tot Maandag. Die agt hoërskole wat tydens dié toernooi in aksie gaan wees, is almal van die Wes-Kaap. Die deelnemende skole is Weston Hoërskool (Vredenburg), Bredasdorp Hoërskool, Ashton Hoërskool, Wellington Sekondêr, Zisukhamyo Sekondêr (Phillippi), Scottsdene Sekondêr (Kraaifontein), Hoërskool Langenhoven (Riversdal) en Albertinia Hoërskool. Dié toernooi sal as ’n uitklop-toernooi beslis word, met elke skool wat drie wedstryde sal speel. Die eerste wedstryde begin vandag om 16:00. Saterdag en Maandag se wedstryde begin om 10:00. Vir navrae, skakel met Denver Pienaar (082-774-5921 of denver@bolandrugby.com) by Boland Rugby.
More
News
|