SMS
2011-04-28
* Fraaigelegen: Wagte op plase moenie wapens gebruik nie. Daar is ander maniere om die situasie te besleg. Ek het my eie plaassekuriteitsfirma en doen al jare sekuriteit sonder enige moeilikheid. * Dis nie reg om sekuriteitswagte van plaas toe te sluit as hul net hul werk doen nie. Beskerm ons alweer die kriminele? * Drakenstein verkeer bevorder wetteloosheid deur net die sagte teikens te vervolg - vat die res bietjie vas! * Die diefstal van die motor in Mbekweni is maar net weer ’n bewys van hoe aan die slaap is Mbekweni-polisiestasie. Hulle volg nie sake op nie, ten spyte van my klagtes twee maande gelede persoonlik gelê. J.P. Goodman * Ek wonder of die informele handelaars wat vanuit die strukture in Newstraat handel dryf ook markverwante huur betaal? Anders is dit nie regverdig teenoor die omringende besighede wat enorme huur betaal nie. * Gesoek: Nebo, ons African Grey papegaai, het weggevlieg te Hoofstraat Courtrai. Enigiemand met inligting, skakel asseblief vir Liz 082-731-3888.
More
News
|