Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hospitaal beïndruk

Hospitaal beïndruk
 
2011-04-28


OP uitnodiging van Paarl Hospitaal se bestuur onder leiding van dr B Kruger, het ’n aantal Paarlse algemene praktisyns die hospitaal besoek, ’n inligtingsbyeenkoms meegemaak en ’n besigtigingstoer geneem.

Die nuwe fasiliteite met nagenoeg 280 ekstra beddens, nuwe noodeenheid, nuwe lesinglokaal en biblioteek was indrukwekkend.

Die ondersteuningsdienste soos kombuis se grootskaalse voedselvoorbereiding, kragopwekkers, laboratorium en radiologie-afdelings is beskikbaar. Ek het die indruk gekry dat die hospitaal onder goeie bestuur is met dissipline, behandelingsprotokolle en orde, gerugsteun deur akademiese beginsels.

Personeel het weekliks onderrigsessies en geleenthede vir uitbreiding van kennis is geskep. Baie geluk aan die hospitaal se bestuur en personeel.

Dr W van Zyl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za