EK wil graag weet hoekom die polisie nie iets doen aan die mense wat gesteelde winkeltrollies in ons dorp stoot en by ons wonings inbreek en die goedere met daardie selfde trollies wegry nie. Daagliks ry die polisie net verby die gesteelde winkeltrollies. Die winkeleienaars is ook te blameer, want hulle moet hul trollies beter beskerm.
Jerry