Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkers praat nie Afrikaans

Werkers praat nie Afrikaans
 
2011-04-28


DIE meeste van ons het al seker die ondervinding gehad wanneer jy ’n navraenommer (soos Telkom) skakel dat jy in ’n onverstaanbare taal of Engels geantwoord word.

Vra jy as kliënt vriendelik om in Afrikaans bedien te word, is die persoon nie altyd baie behulpsaam nie.

Dienslewering bereik nuwe laagtepunte in ons land.

By die Toerisme Inligtingskantoor op Wellington gaan kry ek ’n permit vir ’n staproete in Bainskloof.

Vroeër was ’n vriendelike Afrikaanssprekende personeellid (bruin) baie effektief behulpsaam en het meer moeite gedoen as wat nodig is.

Toe ek weer eendag daar kom, was daar ’n persoon sonder enige kennis van die werk, of van Afrikaans!

Die Toerisme Inligtingskantoor is mos elke gemeenskap se vertoonvenster en behoort die dorp, besighede en gemeenskap so baie goed te ken en met geesdrif diens te lewer – dit was nie my beste ervaring nie.

My nuutste ervaring was met kieserregistrasie. By die lokaal waar ons moes gaan registreer, was alle aanwysings Engels en vorms was net in Xhosa en Engels beskikbaar. By verre die meeste mense in ons omgewing is Afrikaanssprekend, maar ons tel mos nie meer nie. Hulle mors met ons mense.

DBH Snr, Wellington




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za