GROOT is my teleurstelling toe ek hierdie maand my munisipale rekening ontvang en aangeslaan word vir R1950 slegs op my watertariewe.
Met navraag is daar genoem dat die ander rekeninge wat ons voorheen ontvang het slegs skattings was van wat die gemiddelde lesings kon wees.
Ek begroot elke maand my rekening vir tussen R500 en R600 rand. Skielik, hierdie maand beloop my rekening R2 600. Waar kry ek al die geld?
Eers was daar deur die Munisipaliteit bespiegel dat daar êrens ’n lekkasie moet wees wat my waterrekening so die hoogte laat inskiet. Nátoetsing is geen lekkasie opgemerk nie. Hoekom kan die Munisipaliteit nie meer waterlesers aanstel en ’n akkurate lesing neem nie?
Woedend van Newton