Blommefees op Wellington
2005-10-20
GENIET ’n ontspanne dag aan die voet van Groenberg wanneer die Wellington Tuinbouklub vanjaar vier pragtuine, ’n Jonkershuisie en ’n private wynkelder aan die publiek oopstel vir ’n blommefees wat besoek kan word elke dag van 27 tot 29 Oktober (09:00 tot 17:00).
Die koste is R30 per persoon vir die dag en kinders onder 12 is gratis.
’n Teetuin word by “Bovlei House” aangebied en ’n marktafel sal allerhande tuisgemaakte goedere en plante te koop bied.
Kaartjies met ’n roetekaart is verkrygbaar by Basson Skoene te Kerkstraat 41, Wellington en van 27 tot 29 Oktober ( buite die Wellington Museum in Kerkstraat, Wellington.
* Tuin 1 is ’n groen oase in die hartjie van die dorp. Hier leef duiwe, eende, skilpaaie, poue, kolvisse en troeteldiere almal saam in harmonie.
* Tuin 2 is ’n plaastuin in die Bovlei omgewing. Die tuin is formeel met informele beddings met baie eksotiese plante en rose wat die woning komplimenteer.
* Tuin 3 is ook ’n plaastuin in die Bovlei omgewing. Hierdie pragtige ou Engelse tuin met inheemse en eksotiese plante is al in verskeie tydskrifte gepubliseer.
* Tuin 4 is op ’n plaas van 300 jaar oud. Besigtig die plaas waar vroue aan die bestuur is.
* Tuin 5 is ’n formele plaastuin in die Lady Loch omgewing wat ’n rustige atmosfeer bied aan almal wat daar deurloop. Die plante is gekies om balans en ritme te skep aan die tuin. Kruie en rose is nie net in die groentetuin gebruik nie, maar ook in die formele beddings .
Bel Charmaine Theron by tel 873-4858 of 084-623-7422 vir navrae.
More
News
|