Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe gemaak met Munisipaliteit

Hoe gemaak met Munisipaliteit
 
2011-04-28


NA aanleiding van verkiesingsbeloftes het ek gewonder wat moet mens doen om die Drakenstein Munisipaliteit ook aan die gang te skop.

Wat moet oewereienaars doen en hoe moet hulle te werk gaan om die rivierwal van die Spruitrivier, deur Wellington, te stabiliseer om verdere skade aan persele en geboue te voorkom?

Daar is oor die afgelope vier jaar verskeie vergaderings met die Munisipaliteit gehou en ook soortgelyke versoeke aan die kantoor van die Provinsiale Minister van Omgewingsake gerig. Nodeloos om te sê, skrywes aan Drakenstein Munisipaliteit word nie erken of geantwoord nie.

Die Munisipaliteit het ’n opname van die toestand van die riviere in die dorp laat doen deur ’n privaat maatskappy. Navrae aan die maatskappy om voorstelle oor wat om te doen om die rehabilitasie van die rivierwal sowel as ingenieurstekeninge van die voorgestelde strukture, waarvoor eienaars bereid is om self te betaal, word deur hulle na die Munisipaliteit verwys en weer loop alles dood. Geen antwoord of reaksie nie. Die sirkel is net voltooi. Wat is die nut van die duur ondersoek dan?

Kan die Munisipaliteit nie na so ’n omvattende opname eers ’n algemene riglyn gee vir noodwerke nie?

Moet belastingbetalers herhaaldelik deur amptenare afgedreig word met impakstudies wat gedoen moet word terwyl die wal aangrensend aan ’n staatsinstansie reeds inval en ook daaraan niks gedoen word nie, of is dit omdat daardie oewereienaar ’n staatsinstansie (KSUT) is? ’n Impakstudie wat nie eens 0,5% van die een oewer beslaan nie, sal derduisende kos en geen effek op die totale rivier hê nie, maar daarop word aangedring.

Moet almal maar die stutwalle laat instort, die rivier verstop en agteroor sit? Wie gaan dan die opruiming doen? Behoort die amptenary nie samewerking te bevorder en terwyl hulle ingenieurs en ander kundiges in diens het, ’n algemene riglyn, voorstelle en prosedures beskikbaar stel om inwoners behulpsaam te wees nie?

Dan word herstelwerk mos ordelik en korrek gedoen en het dit die Munisipaliteit nog niks ekstra gekos nie. Of is die amptenare van die betrokke munisipale departement te bang vir ’n klein bietjie werk?

Dappies Smit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za