Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bien Donné se Agri Cape Week begin Woensdag

Bien Donné se Agri Cape Week begin Woensdag
 
2011-04-28


DIE Bien Donné Agri Cape Week word van 4 tot 6 Mei by Bien Donné aangebied, met die fokus op die vrugte-, wyn-, en uitvoerbedrywe.

Alle betrokkenes, van tradisionele kommersiële produsente tot nuwe en kleinboere, asook plaaswerkers, is welkom.

Agri Mega bied die skou aan in samewerking met die Landbounavorsingsraad en FNB.

Die ekspo sluit in uitstalling oor resultate van navorsing, demonstrasies, konferensies en werkswinkels, asook vermaak.

Op Woensdag 4 Mei van 10:00 tot 13:00 word ’n konferensie oor volhoubare landbou aangebied by die FNB-terrein.

Die sprekers is dr Johan Purchase (hoof van die Agri Sakekamer) en Stuart Symington (hoof van die Varsprodukte-uitvoerdersforum).

Daar is ook ’n vurkhyserkompetisie om 10:00.

Op Donderdag 5 Mei is daar ’n landboujeugleierskonferensie, ’n Vinpro-werkswinkel en ’n beroepsveiligheidseminaar (15:00).

Op Vrydag 6 Mei is daar ’n kompetisie vir trekkerbestuurders en ’n landbou-arbeidskonferensie asook ’n program vir plaaswerkers.

’n Werkswinkel vir plaasvroue begin 12:30 en sluit ’n ligte middagete in. Die onderwerpe sluit in selfbeeld en persoonlike versorging.

Volgens Rico Basson, FNB se streekbestuurder Landbou vir die Wes-Kaap, betree die landboubedryf ’n opwindende tydvak vanuit ’n internasionale en plaaslike perspektief, met verskeie groei- en beleggingsgeleenthede.

“Die vraag na voedsel bly sterk en alle vooruitskattings dui daarop dat ’n groei-tydvak vir verskeie landbou-industrieë voorlê.”

Volgens Basson sal faktore soos produksiedoeltreffendheid, die gebruik van tegnologie en marktoegang egter van kritieke belang vir alle spelers in die landbouwaardeketting wees om sukses te verseker.

Vir navrae en besprekings, kontak Reinette Basson by 021-863-0701.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za