Leefstylkalender
2011-04-28
Basaar. Die jaarlikse dankfeesbasaar van die VGK Simondium vind Saterdag 30 April plaas om 11:00 by die kerkterrein. Daar sal ’n verskeidenheid van artikels te koop aangebied word. Indien dit reën sal die basaar by Simondium Primêr gehou word. * Pretdraf. Wellington Spar en CPUT bied aan ’n “Dress to Impress” 5km pretdraf/stap en basaar op 28 Mei ten bate van Silwerkruin-ouetehuis. Die wegspring is om 08:00 by Silwerkruin. Daar sal ook rolstoelresies vir bejaardes wees. Die boeremusiekgroep Kaapse Affodille sal by die basaar optree. Inskrywingsvorms is vanaf 16 Mei te kry by Wellington Spar, CPUT kampus, Silwerkruin en dit sal die oggend van die pretdraf (06:30-07:00) ook beskikbaar wees. Inskrywingsgeld is R20 (R10 vir studente en kinders). * Kaasfees. Die SA Kaasfees vind plaas vanaf 29 April tot 2 Mei by Sandringham, geleë langs die N1 naby Stellenbosch. Kaartjies is R110 vir Saterdag of Sondag en R90 vir Vrydag of Maandag. Senior burgers betaal R70 en dit is gratis vir kinders 12 jaar en jonger. Die fees duur daagliks vanaf 10:00 tot 18:00 en tot 17:00 op die laaste dag. Bespreek jou kaartjies by Computicket of Checkers/Shoprite winkels. Kaartjies sal nie by die hekke te koop wees nie. * Reünie. Klein Nederburg Sekondêr se matrikulante van 1991 beplan hul 20 jaar reünie vir Desember 2011. Alle matrikulante van 1991 kan hul naam, van (of nooiensvan) en nommer epos na Julian by Julian.Muller@eskom.co.za of Sira by sbaron@sars.gov.za. * Blommeklub. Die Paarl Blommeklub vergader Dinsdag 3 Mei om 19:00 by die saal van die NGK Drakenstein in Kotzestraat, Denneburg. Die praktiese demonstrasie is ‘Iets vir die herfsbruid’. Besoekers is welkom.Vir navrae, kontak Pieter Coetzee by 021-872-5171. * Dans. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou Vrydag 6 Mei ’n dans met die orkes van Piet Visser by Noord-Eind Laerskool. Toegang is R30 vir lede en R40 vir nie-lede. Almal is welkom. Skakel Ciceel by by 083-3467-083. * Talentkompetisie. Leerders van Orleansvale Primêre Skool neem op 11 Mei om 19:00 aan die SA Skoletalentkompetisie deel by New Orleans Sekondêre Skool se saal. Op 12 Mei om 19:00 is St Albans Primêr aan die beurt en hulle sal deelneem in Bergrivier Sekondêre skool se saal. Toegang is R20 (R10 vir kinders en pensionarisse). Skakel Elaine 081-300-4400 of Mario Small by 072-184-1115.
More
News
|