OU-GOED raak deesdae hou-goed en Vintage Idees in samewerking met Incanda meubels bied die ideale geleentheid om jou te verlustig in ou-wêreldse sjarme en bekoring tydens die skou by die Simondium Country Lodge vanaf 29 April tot 2 Mei.
Snuffel rond vir ’n wye verskeidenheid van nostalgiese dekor-items, juweliersware, glasgoed, silwerware, kombuisgoed, tuinbybehore en ander tierlantyntjies.
Daar sal ook ’n uitstalling van veteraanmotors wees en jy kan jou erfstukke afstof en dit professioneel laat waardeer. Spesiale werksessies deur Incanda deskundiges demonstreer hoe om nuwe lewe in outydse meubels te blaas of om ’n vintage atmosfeer in jou huis te skep. Heerlike kos en wyne sal ook te koop wees. Die mark is oop vanaf 09:30 tot 16:00 van Vrydag tot Sondag en tot 14:00 op Maandag 2 Mei. Toegang is R30 (kinders gratis). Besoek www.festiveideas .co.za of skakel 021-874-1046.