Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemeenskapsentrum open dié naweek

Gemeenskapsentrum open dié naweek
 
2011-04-28

Devidean Moses

DIE ou polisiestasie in Klein Drakensteinweg is onlangs beskikbaar gestel aan welsynsorganisasies.

Die Koraal Light House Familiesentrum open daar met funksies oor die langnaweek van 29 April tot 1 Mei. Hierdie sentrum ondersteun die gemeenskap met geestelike, fisies en emosionele probleme.

“Die gemeenskap kan ons ook nader met alle probleme, soos mishandeling - ons sal met ’n ope hart bystand lewer,” sê die “Koraalvrou”, Unita Pretorius.

Hulle soek ook vrywilligers met verskeie vaardighede wat kan help met die opknapping van die vertrekke.

Volgens Unita wil hulle ook ’n rekenaarlokaal daar vestig om skoliere met take te akkommodeer. Dus het hulle ook afgetrede opvoeders nodig om leerders te help met ’n leer- en ondersteuningprogram vir die vakke waarmee kinders sukkel. Sy beoog ook ’n nasorgsentrum waar werkende moeders se kinders versorg sal word.

Die sentrum benodig finansiële bydraes om die droom vir die gemeenskap werklik te maak. Donasies kan inbetaal word by die sentrum se tjekrekening, 272568686, te Standard Bank Paarl.

Kontak Filida Scholtz by 073-694-5211 of Unita Pretorius by 072-188-5685.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za