Kunsdagboek
2011-04-28
* Exhibition. Elements, an exhibition by Judy Woodborne and Talitha Deetlefs, can be seen at the Is Art Gallery in Franschhoek until 4 May. * Kabaret. Lus, ’n kabaret met Elizabeth Frandzen, Anéle du Plessis, Maryke Nel en Rika Vermeulen, is te sien by die Bôrdienghuis-teater op 6 Mei om 20:00. Dié literêre kabaret is ’n tong-in-die-kies kykie na lyflike liefde, kleurvol en guitig, stout en hartseer en definitief vermaaklik. Dit is geïnspireer deur die werke van bekroonde skrywer Hennie Aucamp en tesame met gedigte van Breyten Breytenbach, Lina Spies, Ingrid Jonker, Ronnie Belcher, Peter Blum en Antjie Krog word alle aspekte van die liefde van die lyf ontbloot. Die regisseur is André Strijdom. Kaartjies is R100 en kan bespreek word by 082-812-1112. * Marion Holm. Marion Holm is op 7 Mei om 20:00 by die Ou Meul-teater te sien in die produksie holm@iafrica.com. Dié eenvrou-vertoning bestaan uit ietsie oud, ietsie nuut, ’n bietjie links, bietjie regs, bo, onder en in die middel sommer net om anders te wees. Stories wat jou laat lag. Stories wat jou laat dink. En as jy mooi luister en jou selfoon afsit, is daar nog ’n storie agter die storie. Die regisseur is Chris Vorster. Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056. * Sonja Heroldt. Sonja Heroldt bied op 13 Mei om 19:00 ’n musiekmotiveringsprogram aan “Die Hartklop van Vrouwees”in HJS Paarl se skoolsaal. Dit is gemik daarop om, deur middel van musiek en teks, vroue te inspireer om hulle volle potensiaal te bereik. Kaartjies is R100 en is beskikbaar by die skool by 021-872-2875. Vir navrae, stuur ’n epos na cburger@paarlboyshigh.org.za.
More
News
|