Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulle sit op 'n doringdraad

Hulle sit op 'n doringdraad
 
2005-10-20


HULLE sing rustige, Afrikaanse musiek - maar darem nie té rustig nie. Dit is Doringdraad, die groep wat besig is om te krap aan die musieksnare op Wellington.

Hulle het pas hul eerste CD op die mark gesit en op Vrydag 28 Oktober is hulle by die Stokkiesdraaifees.

Hulle tree om 18:00 saam met Valiant Swart, Ghapi, Zinkplaat en Voël op in die Huisgenoottent, Boland -stadion.

Die vyf Doringdraders studeer almal aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (Wellington Kampus).

“Eintlik speel ons alternatiewe rock,” vertel Kenneth Woodward.

“En almal hou van ons, ons kry goeie kritiek van ouer mense ook,” voeg André Dippenaar by.

André en Anton Hoek, wat saam op Hugenote Hoër was, het verlede jaar begin gesels oor ’n groep.

Later het Kenneth en Richard van der Westhuizen bygekom en uiteindelik ook Charl Stapelberg wat die “ou man” onder die lede is.

Charl, wat ook ’n oud-Hugenoter is, het van hulle klank gehou en aangesluit met alles wat hy al geskryf het.

Hy skryf die meeste van hul lirieke en Kenneth meen dis uit die boonste rakke.

“Hy word ook beskou as een van die beste baskitaarspelers in die land.”

Die groep studeer almal onderwys, behalwe Charl wat ’n graad in landbou doen.

Die groep se eerste CD, met die titel Doringdraad, is onlangs bekend gestel.

Dit is beskikbaar by Spar op Wellington of kontak André by 072-480-2208.

Kenneth kan gekontak word by 072-7788-544.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za