DIT word al hoe moeiliker om gesonde finansiële beginsels van jongs af by kinders te kweek.
Die meeste ouers weet eenvoudig nie hóé nie en kinders dink plastiese kredietkaarte is ’n wondermiddel wat enige iets kan koop. As dit maar waar was!
“Kinders moet geleer word om die waarde van geld te verstaan en hoe om daarmee te werk,” sê Leoni Webster, finansiële bestuurder en mede-stigter van Money4kids.
Webster en Annelie Sdralis, ’n kleuterskool-onderwyseres, het gesamentlik ’n boek geskryf getiteld, Wat is in die geel koevertjie?. Die storieboek is daarop gemik om jong kinders meer oor die basiese beginsels van geld te leer. Die boek is hope pret en bied aan ouers leiding om hul kinders geldslim te maak. Die geïllustreerde boek bevat onder meer slimkopvragies, -speletjies en uitstappie-idees oor geld.
Die boek is in beide Afrikaans en Engels beskikbaar en kan by info@money4kids.co.za bestel word teen R100 per boek. Vir verdere inligting, kontak 082-854-6697 of stuur ’n e-pos na rjlung@telkomsa.net.