DIE bou van ’n aftree-oord word beplan op ’n gedeelte van die plaas De Zoete Inval in Suider-Paarl.
Die projek op 6 hektaar sluit in 48 huise asook 82 woonstelle, ’n restaurant en siekeboeg.
’n Omgewingsimpak-assessering van die voorgestelde ontwikkeling op dié grond (erf 2883) is reeds afgehandel, en die verslag is beskikbaar vir insae by die Paarl biblioteek tot 10 Mei.
Belangstellendes wat kommentaar wil lewer, kan vir Guillaume Nel Omgewingskonsultante kontak by Posbus 2632, Paarl, 7620 of faks 021-870-1873.
Vir navrae, kontak Daleen van Zyl be daleen@gnec.co.za of tel 021-870-1874.